Luigi Di Maio

Luigi Di Maio
Luigi Di Maio
Luigi Di Maio in 2019

Minister van buitelandse sake
Ampstermyn
5 September 2019 – 22 Oktober 2022
President Sergio Mattarella
Eerste minister Giuseppe Conte
Mario Draghi
Voorafgegaan deur Enzo Moavero Milanesi
Opgevolg deur Antonio Tajani

Vise-premier van Italië
Ampstermyn
1 Junie 2018 – 5 September 2019
Eerste minister Giuseppe Conte
Voorafgegaan deur /
Opgevolg deur /

Minister van ekonomiese ontwikkeling, arbeid en sosiale beleid
Ampstermyn
1 Junie 2018 – 5 September 2019
Voorafgegaan deur Carlo Calenda (Ekonomiese ontwikkeling)
Giulano Poletti (Arbeid en sosiale beleid)

Leier van die M5S (Vyfsterrebeweging)
Ampsbekleër
Termynaanvang
23 September 2017
Voorafgegaan deur Beppe Grillo

Persoonlike besonderhede
Gebore 6 Julie 1986 (1986-07-06)
Avellino, Kampanië, Italië
Politieke party MoVimento 5 Stelle (M5S)
Alma mater Universiteit van Napels Federico II
Handtekening

Luigi Di Maio ([luˈiːdʒi di ˈmaːjo]; * 6 Julie 1986 in Avellino, Kampanië) is 'n Italiaanse politikus wat tussen 1 Junie 2018 en 5 September 2019 die ampte van vise-premier van Italië asook dié van minister van ekonomiese ontwikkeling en minister van arbeid en sosiale beleid beklee het. Sedert 5 September 2019 het hy as minister van buitelandse sake in die tweede kabinet van Giuseppe Conte fungeer.

Sedert 23 September 2017 fungeer Luigi Di Maio as leier van die politieke burgerbeweging MoVimento 5 Stelle ("Vyfsterbeweging", M5S).[1][2] M5S het ná sy sukses in die algemene verkiesing van 2018 (met 33 persent van die uitgebragte stemme was dit die sterkste party) saam met die Lega 'n koalisieregering gevorm.

Die vraag, of M5S al sy verkiesingsbeloftes werklik sal kan nakom, het in 2019 'n skadu oor die beweging begin gooi, terwyl die Lega in meningspeilings 'n hewige toename in gewildheid getoon het.[3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named firstthings
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ilsole24ore
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named spiegel-1247923

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search